Joseph Louis Gay-Lussac

Joseph Louis Gay-Lussac
Gebore (1778-12-06)6 Desember 1778
Saint-Léonard-de-Noblat, Frankryk
Oorlede 8 Mei 1850 (op 71)
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Frans
Vakgebied Chemie en fisiek
Alma mater École polytechnique
Bekend vir Gay-Lussac se wet
Handtekening

Joseph Louis Gay-Lussac (* 6 Desember 1778 in Saint-Léonard-de-Noblat; † 9 Mei 1850 in Parys) was 'n Franse chemikus en fisikus. Hy het die uniforme termiese uitsetting van ideale gasse ontdek, wat deesdae as Gay-Lussac se wet bekend staan. Saam met Alexander von Humboldt het hy bepaal dat tydens die elektrolise van water, die volumes waterstof en suurstof wat geproduseer word in die verhouding 2:1 staan, so ook die hoeveelhede van hierdie gasse wat vir die vorming van water benodig word. Hy het verder opgemerk dat wanneer verskillende gasse met mekaar reageer, die verhouding van volumes wat gebruik word altyd 'n verhouding tussen heelgetalle is. Hy het die eerste veilige metode vir die uitvoering van kwantitatiewe elementanalise vir organiese stowwe ontwikkel, en was die eerste om volumetriese titrasies uit te voer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search